Page 19..STAATSKOERANT, 29 DESEMBER 2022
No. 47815 19
Wysigingswet op Algemene Wette (Teengeldwassery en Bekamping van Terrorismefinansiering, 2022)
Wet No. 22 van 2022
19
Maatskappywet, 2008 (Wet No. 71 van 2008), of artikel 47 van die Wet op Beslote Korporasies, 1984 (Wet No. 69 van 1984);
(c) ingevolge enige wetsbepaling daarvan verbied is om 'n direkteur van 'n maatskappy te wees;
(d) uit 'n vertrouensamp verwyder is, op grond van wangedrag wat oneerlikheid behels het;
(e) in die Republiek of elders skuldig bevind is en gevangenisstraf uitgedien het sonder die opsie van 'n boete, of meer as die voorgeskrewe bedrag voorgeskryf ingevolge artikel 69 van die Maatskappywet, 2008, beboet is, vir diefstal, bedrog, vervalsing, meineed of 'n misdryf—
(i) wat bedrog, wanvoorstelling of oneerlikheid, of geldwassery, terroristfinansiering of proliferasiefinansiering behels soos daardie terme omskryf word in artikel 1(1) van die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum, 2001 (Wet No. 38 van 2001);
(ii) in verband met die bevordering, vorming of bestuur van 'n maatskappy, of in verband met enige handeling beoog in artikel 69(2) of (5) van die Maatskappywet, 2008; of
(iii) kragtens hierdie Wet, die Maatskappywet, 2008, die Insolvensiewet, 1936 (Wet No. 24 van 1936), die Wet op Beslote Korporasies, 1984, die Wet op Mededinging, 1998, (Wet No. 89 van 1998), die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum, 2001, die 'Financial Markets Act, 2012' (Wet No. 19 van 2012), Hoofstuk 2 van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede, 2004 (Wet No. 12 van 2004), die Wet op Beskerming van Konstitusionele Demokrasie teen Terroriste- en Verwante Aktiwiteite, 2004 (Wet No. 33 van 2004), of die Wet op Belastingadministrasie, 2011 (Wet No. 28 van 2011);
(f) is onderhewig aan 'n resolusie deurgevoer deur die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies handelend kragtens Hoofstuk VII van die Handves van die Verenigde Nasies, waarin voorsiening gemaak word vir finansiële sanksies wat die indentifikasie behels van persone of entiteite teen wie lidstate van die Verenigde Nasies die stappe in die resolusie beoog in daardie subartikel gespesifiseer, moet doen; of
(g) 'n minderjarige is, of onder 'n soortgelyke regsgestremdheid is.
(2) 'n Persoon wat onbevoeg is, soos in hierdie artikel uiteengesit, mag nie—
(a) as 'n ampsdraer van 'n geregistreerde organisasie sonder winsoogmerk aangestel word nie, of daartoe instem om as 'n ampsdraer aangestel of gekies te word nie; of
(b) as 'n ampsdraer van 'n geregistreerde organisasie sonder winsoogmerk optree nie.
(3) 'n Onbevoegdheid ingevolge subartikel (1)(d) of (e) eindig teen die latere van—
(a) vyf jaar na die datum van ontheffing uit die amp, of by voltooiing van die vonnis wat vir die tersaaklike misdryf opgelê is, na gelang van die geval; of
(b) een of meer verlengings, soos van tyd tot tyd deur 'n hof bepaal, by aansoek deur die Direktoraat ingevolge subartikel (4).
(4) 'n Onbevoegdheid ingevolge subartikel (1)(f) eindig wanneer die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies 'n besluit neem om nie meer daardie resolusie toe te pas teen 'n persoon in daardie subartikel beoog nie.
(5) Te eniger tyd voor die verstryking van 'n persoon se onbevoegdheid ingevolge subartikel (1)(d) of (e)—
(a) kan die Direktoraat by die hof aansoek doen om 'n verlenging in subartikel (3)(b) beoog; en
(b) kan die hof die onbevoegdheid verleng vir nie meer nie as vyf jaar op 'n keer, indien die hof oortuig is dat 'n verlenging nodig is om die publiek te beskerm,
met inagneming van die gedrag van die onbevoegde persoon tot op die tydstip van die aansoek.
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za