Page 9..STAATSKOERANT, 2 Mei 2017
No. 40821
Wysigingswet op die Finansiële Intelligensiesentrum, 2017
Wet No. 1 van 2017
en ook 'n soortgelyke reëling buite die Republiek aangegaan;
‘uiteindelik geregtigde’, ten opsigte van 'n regspersoon, 'n natuurlike persoon wat, onafhanklik of saam met iemand anders, regstreeks of onregstreeks—
(a) die regspersoon besit; of
(b) prakties beheer oor die regspersoon uitoefen;”; en
(q) deur in subartikel (1) die omskrywings van “misdryf met betrekking tot die finansiering van terroriste- en verwante aktiwiteite” en “transaksie” te skrap.
Wysiging van artikel 3 van Wet 38 van 2001, soos gewysig deur artikel 27 van Wet 33 van 2004 en artikel 3 van Wet 11 van 2008
2. Artikel 3 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang:
“(1) Die vernaamste oogmerk van die Sentrum is om bystand te verleen in die—
(a) identifisering van die opbrengs van onregmatige aktiwiteite;
(b) bekamping van geldwassery-aktiwiteite en van die finansiering van terroriste- en verwante aktiwiteite; en
(c) implementering van finansiële sanksies na aanleiding van resolusies deurgevoer deur die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, kragtens Hoofstuk VII van die Handves van die Verenigde Nasies.”;
(b) deur in subartikel (2) paragraaf (a) deur die volgende paragraaf te vervang:
“(a) om inligting deur hom versamel, beskikbaar te stel aan [ondersoek-owerhede, toesighoudende liggame, die intelligensiedienste en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens]—
(i) 'n ondersoekowerheid;
(ii) die Nasionale Vervolgingsgesag;
(iii) 'n intelligensiediens;
(iv) die Suid-Afrikaanse Inkomstediens;
(v) die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat;
(iv) die Intelligensie-afdeling van die Nasionale Weermag;
(vii) 'n Spesiale Ondersoekeenheid;
(viii) die kantoor van die Openbare Beskermer;
(ix) 'n ondersoekafdeling in 'n staatsorgaan; of
(x) 'n toesighoudende liggaam,
ten einde die administrasie en toepassing van die wette van die Republiek te vergemaklik;”; en
(c) deur in subartikel (2) na paragraaf (c) die volgende paragraaf in te voeg:
“(aA) om maatreëls te administreer wat verg dat verantwoordings-
pligtige instellings eiendom en transaksies bevries na aanleiding van finansiële sanksies wat kan voortspruit uit resolusies, deur die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies deurgevoer, bedoel in 'n kennisgewing in artikel 26A beoog;”.
Wysiging van artikel 4 van Wet 38 van 2001, soos gewysig deur artikel 4 van Wet 11 van 2008
3. Artikel 4 van die Hoofwet word hierby gewysig—
(a) deur die volgende paragraaf na paragraaf (a) in te voeg:
“(aA) waar van toepassing, ontleding begin van inligting in sy besit of inligting bekom deur ander metodes as deur verslae kragtens Deel 3 van Hoofstuk 3 aan hom voorgelê;”
(b) deur paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang:
“(b) [ondersoekowerhede, toesighoudende liggame, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die intelligensiedienste]—
(i) 'n ondersoekowerheid;
(ii) die Nasionale Vervolgingsgesag;
(iii) 'n intelligensiediens;
(iv) die Suid-Afrikaanse Inkomstediens;